Meer oor Bazoo 2017-04-04T20:44:37+00:00

Bazoo is ‘n storie- en aktiwiteiteboekie vir 4- tot 7-jariges wat spesiaal geskep is sodat kleuters noodsaaklike vaardighede betyds kan ontwikkel om sodoende hul volle potensiaal te bereik!

Wanneer u saam met u kleuter/leerders deur die stories en doendinge werk, sal u mettertyd agterkom dat daar ‘n baie slim plan agter al die pret is. Bazoo se inhoud is gekoppel aan die graad R-kurrikulum (KABV) en elke uitgawe het ‘n unieke tema met oorspronklike stories.

Die stories skep die kontekste waarop alle aktiwiteite gebaseer is. Hierdie aktiwiteite ondersteun die vaardighede wat noodsaaklik is vir kleuters se vroeë geletterdheidsontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie, rekenvaardighede, luistervaardighede en nog vele meer. Bowenal is die doel met hierdie tydskrif om aan almal wat omgee, die geleentheid te gee om kwaliteit tyd met hul kinders/leerders deur te bring en om ‘n liefde vir lees by hulle te kweek!

Skillie-groete,

Die BAZOO-span