wat is bazoo tydskrif

Bazoo is ‘n aktiwiteiteboekie vir 4-7 jariges wat spesiaal geskep is sodat kleuters noodsaaklike vaardighede betyds kan ontwikkel om sodoende hul volle potensiaal te bereik.

Wanneer u saam met u kleuter deur die stories en doen-dinge werk, sal u mettertyd agterkom dat daar ‘n baie slim plan agter al die pret is, want in elke tydskrif is daar ‘n ander tema wat deur oorspronklike stories verbeeld word.

Die stories skep die kontekste waarop alle aktiwiteite gebaseer is. Hierdie aktiwiteite ondersteun die vaardighede wat noodsaaklik is vir kleuters se vroeë geletterdheids-ontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie,
rekenvaardighede, luistervaardighede en nog vele meer. Bowenal is die doel met
hierdie tydskrif om aan almal wat omgee, die geleentheid te gee om kwaliteit tyd
met ons kleutertjies deur te bring en om ‘n liefde vir lees by hulle te wek!

Bazoo bied die volgende:

  • 'n Opvoedkundige Afrikaanse kindertydskrif vir 4 – 7 jariges
  • 32-bladsy volkleur aktiwiteiteboekie
  • Die inhoud is gekoppel aan die Gr. R kurrikulum
  • Elke uitgawe bevat:
    • Oorspronklike Afrikaanse stories
    • Oorspronklike illustrasies deur Fred Mouton en Rassie Erasmus
    • Prettige aktiwiteite wat noodsaaklike vaardighede aanspreek soos:
      • Vroeë geletterdheidsontwikkeling
      • Waarneming en denkvaardighede
      • Fyn motoriese beheer en koördinasie
      • Rekenvaardighede, luistervaardighede
    • Bak en brou resepte vir jonk en oud
    • Herwinnings-idees
    • Speletjies, woordeskat en vele meer!