LOER BINNE BAZOO!

Kliek op die foto's om verskillende bladsye van uitgawe 8 te sien.

 

vorige uitgawes

Moenie uitmis op Bazoo se ontdekkingsreis
nie en versamel
die hele reeks!



Dis so maklik soos 1-2-3! Volg hierdie stappe:

  1. Plaas jou bestelling deur te kliek op die "bestel" knoppie en vul die vorm in
  2. Maak ‘n betaling in Bazoo se bankrekening
  3. Jy ontvang jou tydskrifte binne twee weke
    nadat ons betaling ontvang het!

Elke uitgawe van Bazoo het 'n unieke tema met oorspronklike Afrikaanse stories en oulike aktiwiteite wat op die stories geskoei is!

Vorige uitgawes van Bazoo kan teen R20.00 elk bestel word.

Let wel dat posgeld betaalbaar is wanneer u vorige uitgawes bestel
(ons pos u Bazoo pakkie met 'n naspoor nommer):

1 - 9 tydskrifte = R20.00 posgeld
10 - 20 tydskrifte = R35.00 posgeld
21 - 30 tydskrifte = R40.00 posgeld

VOORBEELD - indien uitgawe 4 tot 15 van Bazoo bestel word:

12 tydskrifte x R20 = R240.00
Posgeld = R 35.00
Totale bedrag aan Bazoo verskuldig = R275.00



Uitgawe 2
TEMA: WIELE

Bestel bazoo tydskrif

In hierdie uitgawe vind ons alles uit oor wiele – van fietswiele en rolstoelwiele tot worsiewiele wat jy kan eet!

Daar is die storie van Hymie, die klein trekkertjie wat ongelukkig is, want hy staan stoksielalleen in die boer se skuur, omdat hy te klein is om saam met die ander groot trekkers uit te gaan en die landerye te ploeg.

Net toe hy begin voel die boer het hom nie nodig nie, kom gooi die boer een oggend brandstof in Hymie se tenk...

Daar is nog twee stories – Fida kry ‘n maat en die vervolgverhaal van Anathi die reus en Luca.

'n Voorsmakie van aktiwiteite in uitgawe 2:

  • Verbind die kolle om die trekker se wiele te voltooi
  • Kom ons tel: Hoeveel rye wingerd kan jy sien?
  • Hoeveel trekkers is daar in die skuur?
  • Hoe fyn kan jy luister?
  • Watter prentjies eindig met ‘n g-g-g-g?
  • Watter prentjies begin met ‘n w-w-w-w?
  • Hoeveel reuse kan jy sien wat wegkruip?
  • Kan jy doen wat Bazoo doen ?
  • Ons maak worsiewiele !
  • Ietsie vir Mamma en Pappa oor ontluikende geletterdheid

 

Uitgawe 3
TEMA: DIERE

Bestel bazoo tydskrif

In hierdie uitgawe het ons drie heerlike stories wat voorgelees kan word. Ons gaan weer saam met Anathi en Luca op ‘n verbeeldingsreis en ons ontmoet vir Kasper die Kameelperd wat bekommerd is dat sy nek te lank is!

Bazoo gesels ook met sy maatjies oor sy interessante lewe as deel van die reptielfamilie.

‘n Voorsmakie van aktiwiteite in uitgawe 3:
  • Help die kat om by die melk te kom en help die
    muis om by die kaas te kom
  • Watter bottel is die volste?
  • Watter broodjie is die dikste?
  • Soek die reptiele wat pas – trek ‘n lyn
    van die een na die ander
  • Maak die patroontjies klaar – eers met jou
    vinger en dan met die kryt
  • Maak ‘n boekhoek saam met Bazoo
  • Sorg vir jou troeteldier – ons gee maklike wenke
  • Ietsie vir Mamma en Pappa oor die voorlees van
    stories aan hul kleuters

 

Uitgawe 4
TEMA: KOS – ‘N LEKKER-EET ONTDEKKINGSREIS

Bestel bazoo tydskrif

In hierdie uitgawe leer Eben en Lea dat groente die boublokkies van ons lyfies word in Tamatie en Pampoen word ek!

Kom maak dan saam met ons die heerlikste boontjie koloontjies in Bazoo se Bak en Brou.

Net soos ons die kleintjies wil aanmoedig om gesond te eet, leer ons hulle ook om mooi na die omgewing om te sien. Ons begin met ons ‘herwinningsreeks’ in hierdie uitgawe en wys jou hoe om met ‘n ou tennisbal, ‘n sykous en ‘n plastiek melkbottel ‘n bal-speeding te maak!


‘n Voorsmakie van aktiwiteite in uitgawe 4:
  • Hoeveel van elk kan jy tel? Messe, borde, wortels en stoele
  • Klink die woorde eenders of anders:
    Mes-vurk, mielie-kielie, pit-sit
  • Wat kruip in die prentjie weg? Kleur al
    die patroontjies met ‘n kolletjie in en vind uit!
  • Teken die vorms – begin by die appel
  • Maak die prente-stories klaar
  • Bazoo Bazaar en woordeskat (Afrikaans, Engels en IsiXhosa)


 

Uitgawe 5
TEMA: WONDERLIKE WATER

Bestel bazoo tydskrif

Ons leer in hierdie uitgawe die waarde van water. Eben en Lea wil weet hoekom water so skaars is, as daar dan so baie water in die see is... Kom lag lekker saam terwyl Luca vir Anathi vertel dat hy nie so baie van bad hou nie!

Hierdie uitgawe is vol pragtige illustrasies en aktiwiteite en ons lys ‘n paar hieronder :
  • Wanneer is Bazoo nat ?
  • Trek ‘n sirkel om die die prentjies waar hy nat is.
  • Knip en plak
  • Kleur in
  • Soek die verskille – Bazoo het sy swemklere aan
  • Trek ‘n blou sirkel om die diere wat in die water woon en ‘n groen sirkel om die diere wat op land woon
  • Vertel die storie in die regte volgorde
  • Bazoo speel bal – kan jy hom na-aap ?
  • Buite saam met Bazoo – Ons bou ‘n hindernisbaan!

 

Uitgawe 6
TEMA: PLANTE

Bestel bazoo tydskrif

"Adopt the pace of nature, her secret is patience’" Ralph Waldo Emerson

Met hierdie uitgawe van Bazoo wil ons almal van u aanmoedig om hand in die grond te steek!

STORIES, AKTIWITEITE EN ARTIKELS IN
UITGAWE 6:
  • Oupa Rivier vertel vir ons Groen Geheime en
    Luca en Anathi speel wegkruipertjie in die tuin
  • Ons wys vir ons maatjies hoe om kruie in
    botterbakkies te plant
  • Verbind die gieter met die water en die blaar met die tak
  • Ons baljaar buite met vlieënde pierings wat jy self kan maak!
  • Kleur die woud in
  • Knip en plak – ‘n piekniek toneel
  • Kom ons tel – tuin implemente en plante
  • Ietsie vir Mamma en Pappa oor die gawe van perseptuele ontwikkeling en hoe ons stories en prente kan gebruik om dit te ontwikkel


 

Uitgawe 7
TEMA: SPORT!

Bestel bazoo tydskrif

Bazoo probeer allerhande deuntjies op sy vuvuzela blaas en maak eintlik net geraas!

In uitgawe 7 ontmoet ons ‘n paar pratende balle en ons vind uit hoe sport help om ons lyfies gesond te hou.

Bazoo doen ‘n paar toertjies met sy sokkerbal – kyk gerus of jy hom kan namaak!

Ons begin ook met ‘n splinternuwe herwinningsprojek – ons maak ‘n Rommeltrommelkis.

‘n Voorsmakie van aktiwiteite in uitgawe 7:
  • Verbind die rugbypale en tennisbal en kleur dit dan in
  • Wat pas nie? Gholfstok, gholfgaatjie met ‘n vlaggie, tennisraket
  • Teenoorgesteldes
  • Kom ons teken – bal bo-op die raket, bal onder die raket
  • Soek die balle wat wegkruip in Luca se kamer?
  • Bazoo maak kleurvolle roosterbroodjies!
  • Bazoo Bazaar en maak jou eie geheuespel kaartjies


 

Uitgawe 8
TEMA: VEILIGHEID

Bestel bazoo tydskrif
Bazoo en sy maatjies leer meer oor veiligheid. In ons stories, ontmoet Lea en haar vriende ‘n vriendelike polisieman en ons vind uit wie die drie-oogmonster is, vir wie Anathi doodbang is...

Ons het lekker pret met die vorms van verskillende veiligheidstekens en Bazoo wys hoe om veiligheids-bewus te wees binne in die huis.

‘n Voorsmakie van aktiwiteite in uitgawe 8:
  • Kan jy ons vriende help om hul hoedens op te spoor?
  • Knip en plak:  Bazoo die polisie-skilpad
  • Kom ons maak klei
  • Hoor of proe? Wat dui die prentjie aan
  • Kleur die eerste verkeerslig in, kleur die middelste fluitjie in
  • Rangskik die verkeersligte van kort na lank
  • Pragtige prentjies oor veiligheid in en om die huis
  • Rommeltrommelkis: Ons maak verkykers
    en ‘Bazoo-marakkas’
  • Ietsie vir Mamma en Pappa : Gesyferdheid vir kleintjies


 

Uitgawe 9
TEMA: DIE WEER

Bestel bazoo tydskrif
Eben en Lea ondersoek Suid Afrika se weerpatrone en leer hoekom die Kaapse winters nat is en hoekom van die ander dele in ons land somerreën kry. Anathi gaan wys vir Luca hoe dit in Reuseland lyk en hy verloor in die proses sy reënklere!

Aktiwiteite in uitgawe 9:
  • Help vir Lea met die weervoorspelling
  • Verbind die vlieërs wat pas
  • Noem die vorms, tel hulle en kleur hulle dan in
  • Minste, meer, meeste – reëndruppels, die son, wolke
  • Bazoo balspeletjie! (versier ou plastiekbottels)
  • Ons maak gekleurde eiers!
  • Ietsie vir Mamma en Pappa oor die aanleer van wiskunde


 

Uitgawe 10
TEMA: HIGIëNE

Bestel bazoo tydskrif
Bazoo en sy maats leer oor die belangrikheid van higiëne. Luca moet die tandarts besoek en hy is aanvanklik baie bang… maar die ervaring draai toe anders uit as wat hy verwag het!

Eben en Sifiso speel hulle is Bakterie en Nematod – twee aaklige Bakterië wat siektes kan veroorsaak. Lees in die storie hoe hulle vir Lea en Phumla groot laat skrik en kry jou eie Bakterie masker in die tydskrif!

Hier volg 'n seleksie van aktiwiteite in uitgawe 10:
  • Soek my skaduwee
  • Verbind die tandeborsels, seep en sponse met mekaar
  • Soek die kortste pad na Anathi se huis
  • Bazoo maak duimdrukbolletjies
  • Bazoo bazaar en nog geheuespel kaartjies
  • Ietsie vir Mamma en Pappa
    – Die onskatbare waarde van FANTASIE vir ‘n kind


 

Uitgawe 11
TEMA: DIE RUIMTE

Bestel bazoo tydskrif

Die aarde en die buitenste ruim was nog altyd een van die kleurrykste en mees geliefde temas onder kinders van alle ouderdomme!

Bazoo en sy vriende is netso nuuskierig oor die ruimte en in hierdie uitgawe vertrek Luca en Anathi op ‘n ruimtereis in ‘n interessante ruimteskip wat Luca self gebou het… Eben en Lea leer van ‘ruimteskip Aarde’ se bemanning en hoekom dit so belangrik is dat ons die aarde moet oppas!

Hieronder is ‘n paar van die aktiwiteite in uitgawe 11:

  • Teken dieselfde sterretjies patrone
  • Kleur die ruimte prentjies blou in en kleur die aarde prentjies groen in
  • Verbind die stukke van die aardbol
  • Tel Luca se liggaamsdele
  • Ons maak ‘n sonnestelselhanger en springmielieplanete
  • Ietsie vir Mamma en Pappa – GESONDE RUIMTE


 

Uitgawe 12
TEMA: SEISOENE(SOMER)
EN VOëLS

Bestel bazoo tydskrif

In hierdie uitgawe maak ons kennis met Bazoo se dierevriende! Gaan lees gerus op bladsy 19 meer oor Fynbosbuurt se nuwe inwoner, ene speurder Dempies! Eben en Lea vind alles uit oor die seisoene van die jaar na ‘n lekker kuiertjie by Oupa en Ouma Rivier en Bazoo het selfs ‘n rympie oor die seisoen van somer
geskryf op bl. 4!

Hierdie uitgawe is propvol voëltjies, bome en interessante diere en dan is daar ook nog ‘n hele paar oulike aktiwiteite wat
aanhak by die twee stories:

  • Muise met krulsterte – wie s’n pas waar?
  • Hoeveel voëlnessies kan jy tel?
  • Watter wurm sal watter voëltjie se magie volmaak?
  • Ken jou seisoene (inkleurprentjies)
  • Kan jy die prentjies klaarmaak? (knip en plak)
  • Vorms
  • Pret met tel – hoeveel naaldekokers en hoeveel dassies kan jy sien?
  • Bak & brou: Bazoo so bobaas roomysies!
  • Ietsie vir Pappa en Mamma: Ons kan speel-speel ontwikkel (artikel deur Liza Esterhuyse – arbeidsterapeut)

 

Uitgawe 13
TEMA: MY FAMILIE, MY LIGGAAM EN MY
VERJAARSDAG

Bestel bazoo tydskrif

In uitgawe 13 word die raaisel van die verlore
spookpaddas opgelos en Bazoo se dierevriende vier
saam met hom sy verjaarsdag! Eben en Lea leer baie
interessante dinge rondom hulle familie en hulle lyfies!

Aktiwiteite in hierdie uitgawe:

  • Help om die gesiggies klaar te maak
  • Kom ons tel: hoeveel hande, ore, oë…
  • Hoeveel verskille sien jy tussen Bazoo en Baziena?
  • Soek die spookpaddas
  • Help vir Zak die slak om te raai wat in Bazoo se geskenketoegedraai is…
  • Hoe oud is ek? Verbind die prentjies
  • Wie se spoor? Help vir speurder Dempies om die spore by die diere te pas
  • Oefen saam met Bazoo!



 

Uitgawe 14
TEMA: PLAASLEWE EN GESONDE KOS

Bestel bazoo tydskrif

Bazoo uitgawe 14 bars uit sy nate met drie
splinternuwe stories! Kasper kuiken vier oesfees saam met die ander plaasdiere; Eben en Lea kuier op Oom Kwartel se plaas terwyl Bazoo weer sy hande vol het met Zak die slak wat per ongeluk in sy slaap loop en groot verwoesting saai in Fynbosbuurt!

Oulike aktiwiteite in hierdie uitgawe:

  • Soek die plaasdiere wat wegkruip
  • Help om die perdekar te bou
  • Wie pas by watter spoor?
  • Maak Zak se doppie mooi!
  • Kom ons tel. Hoeveel dassies?
    Hoeveel slakkies?
  • Eenders en anders
  • Plak die domino’s op die regte blokkies
  • Ietsie vir Mamma en Pappa:
    Is jou kind skoolgereed?
  • Kinderkuns: Prentjies teen Bazoo se rotsmuur



 

Uitgawe 15
TEMA: DIERETUIN EN GROENTETUIN

Bestel bazoo tydskrif

Eben en Lea help vir Mamma en Pappa om
‘n groentetuin te maak in die pragstorie: Die slakjagters! Dempies is weer op sy pos as speurder. Hy en Bazoo moet vir Baziena in die dieretuin gaan soek…

Geniet ons lekkerlees stories en help dan vir Bazoo met die onderstaande aktiwiteite:

  • Trek ‘n sirkel om al die diere wat ons in die dieretuin kry
  • Vorms se spieëlbeeld
  • Kleur die eendjies in
  • Hoeveel slakkies kan jy in die groentetuin tel?
  • Verbind die prentjies: kropslaai, eendjies en slakke
  • Maak jou eie tuin! Knip en plak
  • Bak en brou: Bazoo maak sneevlokkie-happies!
  • Ietsie vir Mamma en Pappa:
    Bevorder jou kind se skoolgereedheid
  • Bazoo woordspeletjie en woordeskat

Kom loer ook of jou kunsprent teen Bazoo se rotsmuur opgeplak is!


 

Uitgawe 16
TEMA: LENTE &
MENSE SE WERK

Bestel bazoo tydskrif

Luca en Anathi gaan kuier in blomtyd in Reuseland en is nuuskierig oor die verskillende tekens van die Lente-seisoen! In die storie, Bazoo se tand-tameletjie, verloor Bazoo sy enigste tand en hy klim op die eerste kabelkarretjie om onder in Kaapstad uit te kom by die regte persoon wat hom kan help…

Oulike aktiwiteite in uitgawe 16:

  • Help die brandweerman om die vuur te blus
  • Taalspeletjies: Wat rym met…? Hoe goed kan jy onthou?
  • Hoeveel broodjies het die bakker gebak?
  • Sirkel sudoku
  • Rangskik die seisoene
  • Verbind die kleintjie met sy mamma
  • Soek die verskille
  • Bak en brou: Bazoo bak Lentebloeisels!
  • Ietsie vir Mamma en Pappa
  • Hoe om jou kind te prys
  • Promosie: Opvoedkundige materiaal

Leer ook Bazoo se nuwe Lente-rympie en soek die versteekte blomme in hierdie kleurvolle uitgawe van Bazoo!



 

Uitgawe 17
TEMA:SPINNEKOPPE
& IN DIE HOSPITAAL

Bestel bazoo tydskrif

Ons ontmoet twee vriendelike spinnekoppe
in hierdie uitgawe van Bazoo en hulle sorg vir
groot manewales in Fynbosbuurt!

Gaan lees ook hoekom Luca in die hospitaal
is en vind uit wie onder sy hospitaalbed wegkruip...

Aktiwiteite in uitgawe 17 van Bazoo:

  • Hoeveel stetoskope?
  • Hop hop spinnekop (wiskunde)
  • Spinnekopsokkies
  • Bazoo by die see – inkleurprent
  • Verbind die maats wat pas (in die hospitaal)
  • Bazoo bordspeletjie!
  • Bak en brou: Spinnekop-happies
  • Artikel vir ouers: Haal die angel uit die kassie
    deur Lizette van Huyssteen