Meer oor ons2019-01-17T09:01:43+00:00

Bazoo is ‘n storie- en aktiwiteiteboek vir ontluikende lesers wat spesiaal geskep is sodat leerders noodsaaklike vaardighede betyds kan ontwikkel om sodoende hul volle potensiaal te bereik!

Wanneer u saam met u kinders/leerders deur die stories en aktiwiteite werk, sal u agterkom dat daar ‘n slim plan agter al die pret is.

Bazoo se inhoud is gekoppel aan die Kurrikulum (KABV) en elke uitgawe het unieke onderwerpe met oorspronklike stories.

Die stories skep die kontekste waarop die aktiwiteite gebaseer is. Hierdie aktiwiteite ondersteun die vaardighede wat noodsaaklik is vir ontluikende lesers se vroeë geletterdheidsontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie, rekenvaardighede, luistervaardighede en nog vele meer. Bowenal is die doel met hierdie tydskrif om aan almal wat omgee, die geleentheid te gee om kwaliteit tyd met hul kinders/leerders deur te bring en om ‘n liefde vir lees by hulle te kweek!

Skillie-groete,

Die BAZOO-span